
Goeie dag
Die Nederduitsch Hervormde Kerk Gemeente Middelburg, nooi u uit om deel te wees van ons Lentefees op 19 Oktober 2024.
Steve Hofmeyr tree op by Hoërskool Kanonkop se velde as ons hoof gas. Ons het ook Armand Hofmeyr, Mari Bosman en 6 ander kunstenaars op die verhoog die dag.
Ons gaan ook ‘n paar plaaslike kunstenaars vooraf blootstelling gee. Ons beperk die kunstenaars tot die sing van vrygestelde kommersiële musiek van geen politieke aard nie. Die konsertgangers sal van 12:00 deur die hekke begin beweeg en iets te ete en drinke kan koop. Ons oogmerk is om tussen 1500 en 2000 kaartjies te verkoop.
U onderneming kan u ondersteuning aan u Afrikaanssprekende kliënte met ‘n borgskap toon.
U kan kies uit die volgende vier moontlikhede:
- Hoofborg teen R20 000.
- Ondersteunende borge teen R10 000.
- Gekeurde kosstalletjies teen R2 500 elk vir 5m x 5m.
- Gekeurde kuns- en ander stalletjies teen R750elk vir 5m x 5m.
- Adverteerders op die LED-skerm teen R750, of R750 om op die Webblad te adverteer of R1 500 vir beide.
- Deurnag beveiliging teen R500.
Borge moet binne 30 (dertig) dae vanaf ontvangs van die goedkeuringsbrief 50% deposito betaal. Die balans moet betaal word teen 30 September 2024. Stalletjies en adverteerders se reëlings sal individueel behartig word. Hou asseblief in gedagte dat die kerk nie vir BTW geregistreer is nie.
Ingesluit by u borgskap:
Hoofborg/Ondersteunende Borg – Informasie
- Die hoofborg kry die grootste area, en mag vlae en baniere in hulle area opsit. Die hoofborg mag hul produkte uitstal; dit op die LED-skerm (3m x 2m groot) adverteer en dit op die webblad van die kerk noem as “hoofborg”. Die LED-skerm se advertensies sal op die verhoog vertoon word vanaf 15:00 tot Steve Hofmeyr se konsert begin, en weer na die tyd tot die konsertgangers verdaag het.
Die borge kry alleenreg op hul produkte. As die hoofborg arguments onthalwe trekkers uitstal, sal ander trekkermaatskappye nie oorweeg word as borge nie.
- Ondersteunende borge mag ook produkte uitstal, maar dit mag nie met enige ander borge se produkte bots nie. Verder word hulle advertensies ook reëlmatig op die LED-skerm geadverteer en so ook op die webblad. Hulle mag ook baniere opsit.
- Gekeurde kos-en kunsstalletjies en klein besighede se advertensies word ook op die LED-skerm vertoon, as hul die fooi soos genoem betaal.
- Kaartjies
- Die hoofborg ontvang 2 gratis kaartjies en die moontlikheid om nog 2 kaartjies teen ‘n afslagprys te koop
- Adverteerders kry geen kaartjies of afslagkaartjies nie.
Ons dank u by voorbaat vir u positiewe betrokkenheid.
Vir enige verdere navrae, kan u Johan Joubert kontak by 083 227 0577, of met e-pos by middelburg@apexautoshield.co.za of by die kerkkantoor by nhkmid@gmail.com of selfoonnommer 0827756539.
Johan Joubert
Lentekonsertvoorsitter
